Luister nou

Ontplooiing van SANW-soldate na Durban beloop R34 mil.

Deur Walter Ernst

510 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is na KwaZulu-Natal ontplooi om die Suid-Afrikaanse Polisiediens by te staan as deel van Operasie Floreer.

Volgens die presidensie beloop die verwagte koste daarvan sowat R34 miljoen.

President Cyril Ramaphosa het parlementêre leiers in kennis gestel dat die soldate tot einde November ontplooi sal wees.

Daar het vroeër die maand gewelddadige protesoptogte en plundering plaasgevind weens waninligting wat versprei is rakende ’n uitspraak in die Konstitusionele Hof oor asielsoekers.

Die presidensie sê die soldate sal op ’n gereedheidsgrondslag wees om die polisie se hand te sterk tydens enige gebeurlikhede.

 

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Netwerk24

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Fotokrediet: The Banking Association South Africa

Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling

Padlangs

Wanneer regstelling ’n rookskerm word

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Reuters
Rusland en Oekraïne stel skietstilstand in
Malaria - Regency Healthcare
Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe
Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word

Luister nou