Luister nou

Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting

Deur Marelize Maré

Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer vanmiddag om 14:00 die Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring, oftewel die sogenaamde mini-begroting, in die Parlement. Die verklaring word aangebied teen ’n moeilike ekonomiese agtergrond, met stygende brandstofpryse, toenemende lewenskostes en druk op Suid-Afrikaanse huishoudings.

Die oorlog in die Midde-Ooste het tot verdere onsekerheid oor brandstofpryse bygedra, terwyl die ekonomie steeds sukkel om voldoende werksgeleenthede te skep. Ekonome sal veral let op die regering se planne om staatskuld en besteding te bestuur, asook die vooruitsigte vir ekonomiese groei en werkskepping.

BOSA se burgemeesterskandidaat vir die Kaapstad-metro, Roger Solomons, lei intussen vandag ’n betoging buite die Parlement. Die party eis praktiese verligting vir huishoudings wat deur die stygende lewenskoste geraak word, insluitend ’n verlaging in die algemene brandstofheffing om druk op vervoer- en voedselkostes te verlig.

Die burgerregte-organisasie, AfriForum doen ook ’n beroep op Godongwana om brandstofheffings te verlaag. Volgens die organisasie vorder die regering byna R7,50 aan heffings op elke liter brandstof.

AfriForum wys daarop dat belastinginvordering tussen April en Augustus byna agt persent hoër as verwag was. Die organisasie meen dit kan ruimte vir belastingverligting skep.

Die burgerregte-organisasie vra verder dat vermorste staatsbesteding besnoei, wanfunksionele staatsinstellings hervorm en strenger beheer oor munisipale skuld toegepas word.

Die mini-begroting sal na verwagting onder meer aandui hoe die regering beoog om die land se finansies te bestuur, terwyl huishoudings en ondernemings met hoër kostes worstel.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Ander Nuus Artikels

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking