Die regering doen ’n beroep op motoriste om paniekaankope te vermy weens die brandstofprysstyging wat vanaand om middernag in werking tree.
Verbruikers word aangemoedig om brandstof volgens hul normale behoeftes te koop en onnodige voorraad opbou te vermy.
Die regering sê dat die buitengewoon hoë aanvraag druk op vulstasies en verspreidingsnetwerke kan plaas, wat moontlik tot gelokaliseerde tekorte kan bydra.
Die hoofekonoom van die Efficient Group, Dawie Roodt sê dat die impak oor die hele ekonomie gevoel sal word, met die vervoer- en landbousektor wat waarskynlik eerste geraak word.
Roodt sê dat oproepe dat die regering brandstofbelasting moet verminder óf verbruikers moet subsidieer, ook teen die regering se finansies opgeweeg moet word.
Só lyk die jongste brandstofpryse:
