Luister nou

Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte

Deur Redaksie

Saai het ’n beroep gedoen vir ’n ondersoek na die rol van Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) in, soos hulle dit stel, die manipulering van entstofpryse, verkryging en produksiekapasiteit, en die uitwerking wat dit gehad het op Suid-Afrikaanse veeboere en die land se vermoë om bek-en-klouseer (BKS) te bekamp.

Die ondersoek moet ook die halfmiljard rand insluit wat by OBP verdwyn het, asook OBP se geskiktheid om voort te gaan om entstowwe te vervaardig en om dit in te voer, te hanteer, te berg en te versprei. Saai sê boere wil weet of OBP onreëlmatige winste uit ander staatsinstellings gemaak het met die verspreiding van BKS-entstowwe.

Die beroep volg op beriggewing deur African Farming oor die voorkomende skorsing van OBP se waarnemende uitvoerende hoof, dr. Jacob Modumo, hangende ’n ondersoek na beweerde ongerymdhede rakende die prysbepaling van BKS-entstowwe. Saai sê hulle aanvaar dat die berigte oor sy skorsing nie op ’n bevinding van enige oortreding neerkom nie en dat alle bewerings deur behoorlike regsprosesse getoets moet word.

Die berig verwys ook na inligting wat aan die parlement voorgelê is en waarvolgens ingevoerde entstowwe gedurende die laaste kwartaal van die 2025/26-boekjaar ongeveer 94% van OBP se plaaslike verkope uitgemaak het. Volgens Saai laat dit vrae ontstaan oor die verskille tussen pryse wat volgens berigte aan minstens een provinsiale regering gehef is en pryse waarteen entstowwe deur private verkrygingskanale beskikbaar was.

Saai is ook bekommerd oor berigte wat vrae laat ontstaan oor OBP se langtermynproduksiekapasiteit en die vordering met sy moderniseringsprojek vir Goeie Vervaardigingspraktyke (GMP). Dr. Theo de Jager, uitvoerende direksievoorsitter van Saai, sê uit die boer se oogpunt is OBP nie naastenby meer die instelling waarvoor dit oorspronklik tot stand gebring is nie en laat dit die landbougemeenskap in die steek.

“Dit sal soveel kos om die instelling weer op dreef te kry, en die risiko is so groot dat OBP bloot weer onder die las van ’n korrupte politieke omgewing van kaderontplooiing, plundering en die misbruik van rampe soos die BKS-uitbreking vir winsbejag sal ineenstort, dat die poging eenvoudig nie die moeite werd is nie. Daarom ons oproep dat OBP geprivatiseer word.”

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/09/NUUSWEEK-Uitgawe-85-25-Sept-2026.pdf

Gewilde Nuus

AfriForum

Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Internasionale Perspektief nuut

Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Rooikruis

Kritiek pla Roets nie

National Mall

3 000 wit kruise vandag in Washington geplant

Ander Nuus Artikels

Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self
AfriForum
Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp
Internasionale Perspektief nuut
Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Luister nou