Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp en dit hou ‘n bedreiging vir die ekonomie in.
Die voormalige Suid-Afrikaanse Statistikus-Generaal, Pali Lehohla, het aan die nuusdiens, Newsday gesê die wit bevolking het van 21,5-persent in 1910 tot 7,1-persent in 2026 verminder.
Die 2026 middel-van-die-jaar bevolking vir Suid-Afrika word op 63,52-miljoen beraam, terwyl die swart Afrika bevolking nagenoeg 51,92-miljoen is.
Die kleurling bevolking is nagenoeg 5,36-miljoen, die wit bevolking is 4,50-miljoen en die Indiese en Asiese bevolking is 1,72-miljoen.
Lehohla sê die oplossing is om die onderrigstelsel te hervorm om die swart na-sekondêre prestasie te verbeter.
Hy meen die regering moet maniere vind om die bestaande plaaslike tegniese kundigheid te gebruik.