Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Puleng Dimpane, is onder die soeklig nadat die Valke moontlike finansiële wanbestuur ondersoek. Dit volg nadat die waghondgroep, Public Interest SA, ’n klag ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur ingedien het. Die saak hou verband met die polisie se Medicare 24-kontrak in die Tshwane-metro