Luister nou

Matriekuitslae-saak: Hof weier IR se verlof tot appèl

Deur Walter Ernst

Die Inligtingsreguleerder (IR) se aansoek om appèl vir die publikasie van matriekuitslae is van die hand gewys is.

Die hof het bevind dat die gebruik van eksamennommers die privaatheid van leerlinge genoegsaam beskerm en dat die uitslae in die openbare belang gedeel mag word.

Volgens AfriForum se hoof van kultuursake Alana Bailey is dit ’n verligting dat die dispuut oor die publikasie van matriekuitslae uiteindelik opgelos is.

“Dit is ’n oorwinning vir die publikasie van inligting wat in die openbare belang is,” sê Bailey.

Bailey sê dat die uitspraak ook verseker dat belangrike wetenskaplike navorsing wat van anonieme kodes gebruik maak, sonder struikelblokke kan voortgaan.

Dit volg op ’n uitgerekte regstryd wat reeds in 2022 begin het nadat die departement van basiese onderwys (DBO) probeer het om die publikasie van die uitslae te verbied.

Die hof het egter ten gunste van AfriForum en die ander betrokke partye beslis dat dit wél in die openbare belang was en dus moes voortgaan.

Bailey beklemtoon dat die uitslag van die saak meer kwessies as net die publikasie van matriekuitslae raak.

“Verskeie navorsingsvelde werk met inligting van individue wat slegs deur nommers of kodes geïdentifiseer kan word. Dit word juis gebruik om hul reg op privaatheid en anonimiteit te beskerm. Die feit dat die saak nou afgehandel is, beteken dat sulke data gebruik kan word en noodsaaklike navorsing kan voortgaan sonder vrees dat dit probleme kan veroorsaak.”

 

 

Gewilde Nuus

Fotokrediet: The Citizen

Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Ander Nuus Artikels

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann
VSA-debat jaag temperature op
Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026
Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Luister nou