Luister nou

Gemengde reaksie oor Gana se voorsitterskap

Deur Pretoria FM Nuusspan

Daar is gemengde reaksies nadat Makashule Gana as voorsitter van die parlement se vervolgingskomitee oor die Artikel 89-ondersoek verkies is.

Die 31-lid komitee het gister gestem en Gana het 19 stemme gekry teenoor die 12 van sy teenstander, dr Wonderboy Mahlatsi.

Verskeie opposisiepartye, insluitend ActionSA, die EFF, die UDM en die MK Party, het teen sy aanstelling gestem.

ActionSA sê die ANC het uiteindelik sy voorkeurkandidaat deurgedruk en bevraagteken Gana se onafhanklikheid.

Die MK Party het ook aangevoer dat Gana nie voldoende onafhanklik is nie, terwyl hulle ’n sterker, neutrale voorsitter wou hê vir die sensitiewe ondersoek.

Gewilde Nuus

Israel

7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?

AfriForum

AfriForum ondersoek brandstofheffings self

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Weet
VN se armoede-indeks styg
Fotokrediet: EWN
Die ANC se dispuut word vandag aangehoor
Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self

Luister nou