Luister nou

Strenger wetsontwerp om fluitjieblasers te beskerm

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die departement van justisie het die Wetsontwerp op Beskermde Bekendmakings vrygestel om fluitjieblasers in die land te beskerm.

Die minister van justisie en staatkundige ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê dié wetgewing volg op aanbevelings van die Zondo-kommissie om geweld en viktimisering teen informante te fnuik.

Verskeie sleutelhervormings sluit in streng vertroulikheid, staatsregshulp en tronkstraf van tot 15 jaar vir oortreders. Kubayi sê die nuwe raamwerk poog om aanvalle – soos die sluipmoord op die fluitjieblaser Babita Deokaran – te voorkom deur veilige kanale vir aanmelding te skep.

Belanghebbendes het tot 14 Mei om kommentaar te lewer alvorens die regering die wetsontwerp sal verfyn. Kubayi beklemtoon dat die stap deursigtigheid sal bevorder en misbruik van mag in sowel die openbare as private sektor sal uitskakel.

Gewilde Nuus

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Ander Nuus Artikels

Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026
Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Luister nou