Dit is ongelukkig nie nét die brandstofpryse wat styg nie, maar óók elektrisiteitspryse.
Diegene aan wie Eskom krag voorsien sal van vandag af gemiddeld 8,76% meer vir elektrisiteit betaal.
Munisipale verbruikers kan ’n verhoging van 9,01% verwag, wat op 1 Julie in werking tree.
Dié styging beteken dat ’n gemiddelde rekening van R2 500 met sowat R200 per maand sal styg.
Die nasionale energiereguleerder, Nersa, het gesê dat die net die begin is, met ’n verdere aanpassing wat vir aanstaande jaar beplan word. Eskom sê dat dié ekstra inkomste vir onderhoud aan die kragnetwerk noodsaaklik is.
Al hoe meer huishoudings wend hulself tot sonkrag weens die stygende koste. Intussen word die nasionale prysbeleid hersien om langtermyn-stabiliteit in die kragvoorsiening te verseker.