Die omstrede glans-paar Peet en Melany Viljoen, is vroeër vandeesweek in verband met beweerde maandelange winkeldiefstal ter waarde van nagenoeg $5 300 by ‘n plaaslike supermark in hegtenis geneem.
Die egpaar het glo duur vonkelwyn, mineraalwater, suikervrye koeldrank en gegeurde mineraalwater gesteel om glo in Amerika te oorleef.
Die egpaar het verlede jaar Suid-Afrika vir die VSA verruil en het sedertdien op sosiale media gespog oor hoe goed dit met hulle in Amerika gaan.
Die egpaar is egter vandeesweek in hul swart Range Rover-voertuig vasgetrek weens ‘n beweerde vlaag van winkeldiefstal-voorvalle in Palm Beach, Florida, wat glo oor ‘n tydperk van ses maande plaasgevind het.
Hulle borgtog is op $10-000 elk vasgestel.