Die Showmax-stromingskanaal sal in die nabye toekoms gestaak word.
Die Showmax-raad het ‘n kort rukkie gelede dié aankondiging gemaak en sê sy besluit volg na ’n omvattende hersiening en fokus op die versterking van MultiChoice se digitale aanbod en langtermyn volhoubaarheid in ’n mededingende stroommark.
Op die oomblik sal daar geen onderbreking van huidige dienste wees nie en kliënte kan voortgaan om soos gewoonlik te stroom.
MultiChoice sê hulle werk aan duidelike kommunikasie en ’n gladde oorgang vir gebruikers wanneer die diens gestaak word.
Die televisiediens sê stroming bly steeds sentraal tot sy strategie, wat sal voortgaan om te belê in hoë gehalte inhoud, tegnologiese innovasie en vennootskappe.