Die landbou-organisasie, Saai, het onlangs ‘n meningspeiling onder meer as 2 000 boere in die land gedoen en daarvolgens het die departement van landbou se leierskap die vertroue van produsente verloor.
Dit is te midde van die voortgesette krisis met Bek- en Klouseer in die groot dele van die land.
Volgens die peiling meen respondente dat die regering se reaksie op die siekte te stadig is, dat entstowwe swak hanteer word en dat kundiges se monde gesnoer word.
Dit volg nadat die Bek-en Klouseer uitbreking onlans as ‘n nasionale ramp verklaar is.
Saai sê die ministeriële taakspan is reeds in 2016 gemaan teen die moontlik uitbreking van die siekte en dat daar drastiese dringende optrede vereis word.
Die organisasie sê dit is ondenkbaar dat dieselfde amptenare wat die krisis help bestuur het, nou vertrou kan word om die land daaruit te kry.