Die Wet op Afrika Groei en Geleenthede het die goedkeuring vir die Amerikaanse Senaat gekry om vir nog ‘n jaar verleng te word.
Dit volg ná uitgebreide beraadslaging deur wetgewers in die Verenigde State.
Oproepe vir ‘n verlenging van AGOA het verlede maand sterk steun in die VSA se Huis van Verteenwoordigers ontvang en is nou ook deur die Senaat goedgekeur.
AGOA – wat in 2000 ingestel is – vrywaar kwalifiserende Afrika-lande van belasting op hul uitvoere na die VSA.
Die wetgewing het in September verval, wat vrese geskep het oor moontlike druk op beleggings, werksgeleenthede en uitvoere vir kwalifiserende lande in Sub-Sahara Afrika.
Die jongste verlenging is egter slegs tot einde 2026.
Die VSA-president Donald Trump sal egter die finale sê hê voordat die wetsontwerp in wet omskep word.
Fotokrediet: Agoa – Daily Maverick