Walter Ernst
Rise Mzansi se leier, Songezo Zibi, waarsku dat die koms van Elon Musk se Starlink na Suid-Afrika nasionale stabiliteit bedreig.
Zibi bestempel Musk as ’n “wit heerssugtige” is wat waninligting versprei en meen dit sou onverantwoordelik wees om kritieke internet-infrastruktuur aan hom toe te vertrou. Intussen het die ANC ook die minister van kommunikasie, Solly Malatsi, se planne om sy regulasies oor swart-eienaarskap-vereistes op te dateer, verwerp.
Die regerende party voer aan dat Malatsi sy magte oorskry en transformasie ondermyn deur buitelandse firmas sonder plaaslike swart aandelebesit toe te laat.
Terwyl die publiek Starlink grootliks steun, moet Okosa nou besluit of hulle die minister se nuwe beleidsriglyne gaan implementeer.
Fotokrediet: Gallo Images/Lubabalo Lesolle