Marelize Maré
Bykans 23-duisend leerlinge regoor Gauteng, die Wes-Kaap, Limpopo en Mpumalanga is steeds nie in skole geplaas nie, te midde van die skole wat aanstaande week vir die 2026 akademiese jaar heropen.
Ouers raak toenemend angstig met baie wat by die departement van onderwys se kantore saamdrom om plasings vir hulle kinders te verseker.
Meer as 7 500 skole regoor die land het egter nie genoeg klaskamers, onderwysers en befondsing om al die leerlinge te akkommodeer nie, noudat Graad R verpligtend is nie.
Volgens die provinsiale departement van onderwys moet daar nog nagenoeg 9 800 leerlinge in Mpumalanga geplaas word, terwyl meer as 7 200 leerlinge in die Wes-Kaap nog nie plek het nie, 4 850 leerlinge in Gauteng nog ‘n heenkome moet vind en 997 leerlinge in Limpopo nog plek moet kry.
In die Wes-Kaap is slegs 15 leerlinge nog nie geplaas nie.
Fotokrediet: SeekTeachers.com