Luister nou

Matriekuitslae mág gepubliseer word

Deur Pretoria FM Nuusspan

Walter Ernst

Ondanks ’n voortslepende regstryd met die inligtingsreguleerder, het die departement van basiese onderwys bevestig dat die 2025-matriekuitslae wel volgende week in die media sal verskyn.

Die woordvoerder van die departement, Terence Khala, sê die departement volg hul regspan se advies om voort te gaan met publikasie. Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube sal Maandag haar amptelike rede lewer, waarna uitslae vanaf Dinsdag op die departement se webwerf beskikbaar sal wees.

Hoewel die Inligtingsreguleerder aanvoer dat mediapublikasie leerlinge se privaatheid en die Popia-wet skend, bly die vroeëre hofuitspraak wat dié verbod opgehef het, tans van krag.
Die reguleerder se appèlaansoek is steeds hangende, maar stuit nie die departement se huidige planne nie.

Pretoria FM se e-publikasie, Nuusweek, sal ook volgende week Dinsdag die matriekuitslae publiseer.

Fotokrediet: Netwerk24

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Times of Eswatini

Madlanga wys aansoek van Vusimuzi “Cat” Matlala van die hand

Fotokrediet: BBC

Wares verskyn vandag in Wynberg

Innibos 3

Dit is weer kuiertyd op Kaapschehoop by die Innibos Boekenaweek

Boek 3

Graffiti-boekeblad 21 Augustus 2026

Boer tot bord

Die 20/80-mite van Suid-Afrika se boere

Ander Nuus Artikels

Betoging - March and March
Binnelandse Sake oorskry deportasiebegroting
Fotokrediet: Medium
Skaars haai spoel in die Weskus uit
Mponeng-myn
WNNR toets KI-toepassing vir rotsveiligheid in mynbou
Fotokrediet: Times of Eswatini
Madlanga wys aansoek van Vusimuzi “Cat” Matlala van die hand
Fotokrediet: BBC
Wares verskyn vandag in Wynberg

Luister nou