Luister nou

Nóg ’n hof sê Zuma moet opdok

Deur Pretoria FM Nuusspan

Ellen Diedericks

Die hooggeregshof in Pretoria het oudpresident Jacob Zuma se aansoek om appèl aan te teken teen ‘n bevel wat in Oktober beslis het dat hy sy regskoste van R28,9-miljoen vir die verdediging van sy korrupsieklagtes moet terugbetaal, geweier.

Die staat het dié lywige bedrag namens hom betaal.

Die DA dring daarop aan dat Zuma se pensioen in beslag geneem moet word vir dié doel, aangesien die aanklagte persoonlike van aard was en die oudpresident vir sy eie regskostes moet pa staan.

Regter Anthony Millar het gesê om die hof se deure onbepaald oop te hou vir ‘n litigant wat weier om ‘n uitspraak te aanvaar dien geen doel nie.

Zuma het intussen vandag saam met die Franse wapenvervaardiger Thales in die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal verskyn in verband met die ANC-regering se dekades-lange wapenskandaal.

Die hof hoor hul verlof tot appél-aansoek aan, nadat hul aansoeke om die aanklagtes teen hulle te skrap van die hand gewys is.

Die saak spruit uit die 1999 wapenskandaal waarin Thales ‘n kontrak van miljarde rand gekry het om vlootwapenstelsels te verskaf.

Gewilde Nuus

V

Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wanneer ’n boer vermoor word ….
Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Luister nou