Die polisie het die dienste van ‘n ballistiese kenner ingespan om die aanval op die omstrede sakeman van Noordwes, Brown Mogotsi, te ondersoek.
Hy beweer dat hy Maandagaand die teiken van ‘n sluipmoordaanval in Vosloorus aan die Gautengse Oos-Rand was.
‘n Rooi Chevrolet-sedan is by die Vosloorus-polisiekantoor gefynkam.
Hoewel daar minstens 11 koeëlgate in die voertuig is, het Mokgotsi ongedeerd van die voorval afgekom.
Hy sê hy vrees vir sy lewe en die polisie het ‘n saak van poging tot moord geopen.
Ooggetuies in Vosloorus beweer egter dat Mogotsi self op sy motor geskiet het.
Volgens ‘n getuie was daar geen ander voertuie in die omtrek toe daar op die rooi sedan geskiet is nie.
Die polisie sê vermoedens dat die aanval moontlik opgestel is, word nie uitgesluit nie.
One Response
🤣🤣🤣 Ek is gladnie verbaas nie.
Hy is n man met n plan.