Luister nou

Getuie A maak verdoemende bewerings voor die Madlanga-kommissie

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n Getuie van die Georganiseerde Misdaad-eenheid het gister voor die Madlanga-kommissie van Ondersoek na korrupsie in die regbank getuig dat koeverte met kontant onder beamptes, wat misdaadsindikate in Gauteng ondersoek, gesirkuleer is.

Dit is glo ná die moord op die ingenieur van Vereeniging, Armand Swart, wat in April verlede jaar doodgeskiet is, gedoen. Swart is doodgeskiet nadat hy verkeerdelik vir ’n fluitjieblaser aangesien is wat reuseprysinflasie met Transnet se spoorwegtender uitgewys het.

Die getuie, Getuie A, het agter geslote deure getuig en beweer dat die omkoopgeld betaal is om te verseker dat die verdagtes, wat Katiso KT Molefe insluit, vrygelaat word.

Die vuurwapen wat gebruik is om Swart te vermoor, is later ook met verskeie ander misdade, soos die moord op Oupa Sefoka, ook bekend as DJ Sumbody en DJ Vintos, verbind.

Getuie A het intussen vanoggend aangedui dat sy lewe ernstig geraak is, nadat die ondersoekspan 24-uur beskerming gekry het en vir drie maande na ‘n veilige hawe verskuif is.

Die verhoor duur voort.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging

Luister nou