Die departement van onderwys in Gauteng sê hy is gereed vir die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen wat op 21 Oktober afskop.
Volgens die departement sal minstens 192 745 matrikulante dié eksamen vanjaar aflê.
144 246 voltydse kandidate en 48 500 deeltydse leerlinge sal penne opneem.
Die LUR vir Onderwys in die provinsie, Matome Chiloane, sê meer as ‘n duisend sentrums is geregistreer waar die eksamen afgelê sal word.
Die eksamen sal op 27 November ten einde loop.