Luister nou

Charlie Kirk gegroet

Deur Pretoria FM Nuusspan

Sowat 200 000 mense het by die State Farm-stadion in Glendale, Arizona die vermoorde konserwatiewe aktivis, Charlie Kirk se gedenkdiens bygewoon.

Amerika se president, Donald Trump en adjunkpresident, JD Vance het die skare toegespreek.

Trump het die 31-jarige Kirk as ‘n martelaar beskryf.

“Hy is nou ‘n martelaar vir Amerika se vryheid. Ek weet ek praat namens elkeen hier teenwoordig wanneer ek sê dat niemand van ons ooit vir Charlie sal vergeet nie. En die geskiedenis ook nie,” het Trump gesê.

Kirk se weduwee, Erika, het tydens haar emosiebelaaide toespraak gesê dat sy haar man se moordenaar vergewe.

“Ná Charlie se sluipmoord het ons nie geweld gesien nie. Ons het nie opstande gesien nie. Ons het nie ‘n rewolusie gesien nie. In plaas daarvan het ons gesien waarvoor my man altyd gebid het ons in dié land sal sien – ons het herlewing gesien,” het Kirk gesê.

Die gedenkdiens is deur miljoene regoor die wêreld gekyk en as kragtig vir die Christendom beskryf.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging

Luister nou