Die Federale speurdiens in die VSA sê hulle het die vuurwapen, ‘n 30-06 Mauser, gevind waarmee die Amerikaanse politikus en smaakmaker, Charlie Kirk, vermoedelik Woensdag in Utah vermoor is.
Die vuurwapen, tesame met ‘n gedeeltelike handpalm- en ‘n skoensoolafdruk – is in ‘n beboste gebied gevind waar die sluipmoordenaar vermoedelik die wapen weggegooi het.
Die FBI het intussen ook ‘n beloning van honderd-duisend-dollar uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die verdagte se inhegtenisneming.
’n Nuwe video van die verdagte wat van die toneel vlug is ook intussen deur die FBI uitgereik. In dié uittreksel kan mens ’n figuur oor die dak van die gebou vanwaar die skoot afgevuur is sien hardloop, waarna hy afspring en die veld inhardloop.