Luister nou

Tshwane-varsproduktemark benodig dienste: Hooggeregshof vat metro vas

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die hooggeregshof in Pretoria het vandag die Tshwane-metro skuldig bevind aan minagting van die hof, nadat die metro ‘n vorige hofbevel van 31 Oktober 2022 verontagsaam het.

Die Instituut van Markagente van Suid-Afrika, IMASA, het die aansoek gebring, nadat die metro nie die bevel nagekom het wat vereis het dat hy munisipale dienste by die Tshwane-varsproduktemark verskaf en fasiliteer nie.

Die oorspronklike bevel het die metro opdrag gegee om ‘n omvattende terreinplan vir die mark in te dien, insluitend aspekte soos beroepsgesondheid en -veiligheid, gehaltebestuur, finansiële bestuur en besonderhede oor die toepassing daarvan, binne gespesifiseerde tydlyne.

Dit het ook die uitvoering van herstelwerk vereis wat verband hou met brand- en rookopsporing, elektriese verbindings asook sekuriteits- en sanitasiegeriewe met die toekenning van R18 miljoen vir opgraderings.

Die hof het beslis dat die metro, sy munisipale bestuurder en burgemeester die aansoeker binne 30 dae moet voorsien van die konsep- en/of finale terreinplan, insluitend alle vereiste besonderhede.

Die gevangenisstraf van een maand vir die munisipale bestuurder en burgemeester is vir ‘n tydperk van een jaar opgeskort.

Die metro moet ook die aansoeker se regskostes dra.

Fotokrediet: Iñigo De la Maza – Unsplash

2 Responses

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self
V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies
V (2)
Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Luister nou