Luister nou

Suid-Afrikaners leef langer, maar het minder kinders, sê Statistiek Suid-Afrika

Deur Pretoria FM Nuusspan

31 Julie 2025

Statistiek Suid-Afrika se halfjaarbevolkingsraming toon dat Suid-Afrikaners langer leef. Volgens SSA sal Suid-Afrikaners 12 jaar ouer word as teen die draai van die eeu vanweë vooruitgang in gesondheidsorg, MIV-voorkoming en algehele verbeterde lewensomstandighede.

Die lewensverwagting van mans is nou 64 en vrouens 69.

Dít dui op herstel ná ’n terugslag in onlangse jare, insluitend die Covid-19-pandemie en die deurlopende gesondheidsgevolge van MIV/Vigs.

Mans se gemiddelde lewensverwagting was in 2002 52-jaar en vrouens s’n 57-jaar.

Die lewensverwagting het egter ván 2022 af geleidelik begin toeneem.

Die babasterftekoers het ván 61,9 sterftes per 1 000 geboortes in 2002 afgeneem tot 23,1 in 2025.

Suid-Afrika se vrugbaarheidskoers het egter oor die afgelope 20 jaar gedaal in ooreenstemming met wêreldtendense.

In 2008 het die syfer op 2,78 kinders per vrou gestaan. Teen 2025 het dit tot 2,21 per vrou gedaal, wat Suid-Afrika een van die lande op die vasteland maak met die laagste aanwas.

Meer landelike provinsies soos Limpopo en die Oos-Kaap toon ‘n hoër aanwas, terwyl meer stedelike provinsies soos Gauteng en die Wes-Kaap ‘n laer aanwas toon, het SSA bevind.

Faktore wat tot die afname bydra sluit uitgestelde huwelike, die behoefte aan kleiner gesinne, ekonomiese uitdagings en beter toegang tot onderwys en voorbehoedmiddels in.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Airlink-verbyvlug

BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af

Fotokrediet: Reuters

Brand verwoes oudste kosmark in Parys

Fotokrediet: Zoutnet

Reusewyfie luislang word by strand aan die suidkus gered

Business finance and investment concept, Capital gain world money economic growth. coin stack financial graph chart, market report on cash currency concept.

IMF voorspel sterker wêreldwye groei danksy KI-hupstoot

Fotokrediet: The Mail & Guardian

President Cyril Ramaphosa: Transformasie van landbou is noodsaaklik

Ander Nuus Artikels

DNS-toetse
Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk
Fotokrediet: Smile FM
SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig
Fotokrediet: Facebook
Iran is versigtig vir die VSA se aanval
Airlink-verbyvlug
BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af
Fotokrediet: Reuters
Brand verwoes oudste kosmark in Parys

Luister nou