Luister nou

Die DA dien strafregtelike klagte in teen minister Nkabane

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die DA het vanoggend strafregtelike klagte teen die minister van hoër onderwys en opleiding, Nobuhle Nkabane by die Kaapstadse Sentrale-polisiekantoor aanhangig gemaak.

Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, het buite die polisiekantoor gesê dat die klagte ingedien is omdat die party glo dat Nkabane vir die portefeulje komitee oor hoër onderwys gelieg het toe sy gesê het dat alle lede van die paneel wat die raadsvoorsitters van die sektorale en onderwys-en-opleidingsowerhede (SOOO) gekeur het, onafhanklik is.

Die DA kla Nkabane van onder meer bedrog en die statutêre oortreding van die Wet op Voorregte en Vrywaring aan.

Volgens Zille het Nkabane ANC-kaders aangestel om op die raad te dien.

Zille sê omdat Ramaphosa weier om teen Nkabane op te tree, sal die DA dit namens hom doen.

One Response

  1. Mooi so. Wat van die ander? Wys hom hoe hy moet optree teen sy kaders wat hom in die verleentheid stel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Padlangs

Wanneer regstelling ’n rookskerm word

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Ander Nuus Artikels

Malaria - Regency Healthcare
Gauteng het meeste malaria-gevalle tot nog toe
Fotokrediet: Netwerk24
Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande
Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Luister nou