Twee verdagtes wat na bewering by die grusame moord op ’n bejaarde boer van Roossenekal in Limpopo betrokke was, is in hegtenis geneem.
Die 78-jarige Robert Stoltz se liggaam is op 1 Mei in die badkamer van sy plaashuis gevind.
Sy hande is met draad agter sy rug vasgebind, daar was ’n lap in sy mond gedruk en hy het twee diep wonde aan sy kop gehad.
Een van die verdagtes is gister langs die R555 pad tussen Stoffberg en Roossenekal in hegtenis geneem.
Die ander verdagte is gisteraand vasgtrek.
Die veiligheidsvoorsitter van TLU se Oos-streek, James Language het die toneel waar Stolz gevind is, destyds as grusaam beskryf.
One Response
Bly die ouens gevang na die wrede moord, hoop hulle gaan lewenslank kry