Luister nou

Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe

Deur Pretoria FM Nuusspan

Volgens Statistiek Suid-Afrika (SSA) se kwartaalsyfers was daar ‘n afname van 291 000 mense wat in die eerste kwartaal werk gehad het.

In die eerste drie maande van 2025 was daar amptelik 16,8-miljoen mense in die formele arbeidsmag – teenoor die 17,1-miljoen van die vierde kwartaal van 2024.

In dieselfde tydperk het die aantal werklose mense – wat ontmoedigde werksoekers uitgesluit het – met 237 000 tot 8,2-miljoen toegeneem. Ontmoedigde werksoekers het met 7 000 (0,2%) toegeneem.

Die veranderinge in indiensneming en werkloosheid het daartoe gelei dat die amptelike werkloosheidskoers met een persentasiepunt toegeneem het – van 31,9% tot 32,9%.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo

Konstitusionele hof wys aansoek van die hand

Fotokrediet: Netwerk24

Konflik tussen Iran en die VSA vlam weer op

Padlangs

Wees lig!

Internasionale Perspektief nuut

VSA kry oorhand oor Iran

Untitled design (31)

Ek staan hier sonder hare of borste

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk24
Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel
Brandstof 1
Brandstofpryse styg hoër vanaf middernag
Stefan2
Tembisa-tenderskandaal: Beweerde meesterbrein kry borgtog
Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo
Konstitusionele hof wys aansoek van die hand
Fotokrediet: Netwerk24
Konflik tussen Iran en die VSA vlam weer op

Luister nou