Luister nou

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Deur Pretoria FM Nuusspan

Suid-Afrikaners het vir ‘n tweede keer in hulle pensioen-spaargeld ingevaar nadat die nuwe belastingjaar op 1 Maart begin het.

‘n Lid van die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika, Natasha Huggett-Henchie het aan ENCA gesê dat 75% van die mense wat sedert Maart – as deel van die tweepotstelsel geld uit hul pensioenfondse onttrek het – dieselfde mense is wat in die vorige belastingjaar ook geld onttrek het.

Huggett-Henchie sê sy vermoed hulle het dit gedoen om skuld aan mikroleners terug te betaal aangesien kommersiële banke en kleinhandelaars geen noemenswaardige verhoging in ekonomiese bedrywighede aangemeld het nie.

Sy sê sommige mense het ook aangedui dat hulle geld onttrek het om te keer dat hulle hoef lenings aan te gaan.

One Response

  1. Hierdie mikroleners (loan sharks) is ‘n ondinding. Hulle hef buitensporige rentes en die mense wat dit die minste kan bekostig, moet maar net betaal.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Boer tot bord

Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Melanie 2

Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

J broodryk

Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Ander Nuus Artikels

Siviwe Gwarube
Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke
Fotokrediet: CBS
Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp
Fotokrediet: eNCA
Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind
Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

Luister nou