Die Noordwes-Universiteit (NWU) sê hy kon geen bewyse vind om bewerings van ’n “sangoma-ritueel” in een van sy dameskoshuise te staaf nie.
AfriForum Jeug het vroeër die week ’n ondersoek geëis na die ritueel glo Sondagaand in die Eikenhof-dameskoshuis op die Potchefstroom-kampus uitgevoer is.
Afriforum Jeug se Yvonne Gerber sê die voorval het “uiterste vrees en angs” by die koshuisinwoners veroorsaak en dat daar selfs inwoners in die koshuis is wat nie meer veilig voel nie.
LEES OOK: KYK: NWU gevra om “sangoma-ritueel” by Potchefstroom-koshuis te ondersoek
Volgens die registrateur van die NWU, professor Marlene Verhoef is daar geen bewyse gevind dat ’n sangoma by die konshuis ingebring is nie, en ook geen bewyse dat daar ‘n kulturele ritueel plaasgevind het nie.
Sy sê verder dat die NWU ‘n inklusiewe benadering tot godsdiens en godsdienstige praktyke volg, mits die uitvoering van sulke praktyke voldoen aan toepaslike wetgewing en universiteitsbeleid.