|
Ten spyte van ‘n verhoging van drie sent in die koolstofheffing – wat Dinsdag in werking tree – behoort motoriste volgende week ‘n aangename verrassing by die petrolpompe te kry. Hoewel die departement van minerale hulpbronne en energie eers volgende week die amptelike verandering in die petrolprys sal aankondig, is daar tans ‘n beduidende oorverhaling. Volgens die sentrale energiefonds is daar tans ‘n oorverhaling van 64-sent per liter op 93-oktaan-petrol, terwyl petrol met ‘n 95-oktaan-inhoud tans ‘n 78-sent oorverhaling het. Afhangende van die swawel-inhoud is daar ‘n oorverhaling van tussen 90- en 93-sent per liter op die grootmaatprys van diesel. |