Luister nou

Net 20% van TV-eienaars betaal hulle TV-lisensies

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die TV-lisensiestelsel is glo besig om in duie te stort, met minder as 20% van TV-eienaars wat hulle lisensies betaal.

Die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Solly Malatsi, stel nou opnuut ‘n heffing op stromingsdienste voor om die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) te befonds, aangesien TV-lisensies nie meer volhoubaar is nie.

Volgens ‘n berig in BizCommunity bly die SAUK egter belangrik vir nuus, opvoedkundige inhoud en plaaslike vermaak, veral vir mense wat nie duur dienste kan bekostig nie.

Luidens die berig sien mense nie die nut daarin om hul TV-lisensies te betaal as hulle net van stromingsdienste gebruik maak nie.

Daar is ook kommer dat ‘n heffing plaaslike belegging in film en TV kan benadeel, aangesien platforms reeds minder bestee op Suid-Afrikaanse produksies.

Die regering moet met alle rolspelers saamwerk om ‘n volhoubare oplossing te vind wat nie verbruikers of die plaaslike industrie benadeel nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Boer tot bord

Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Melanie 2

Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

J broodryk

Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Ander Nuus Artikels

Siviwe Gwarube
Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke
Fotokrediet: CBS
Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp
Fotokrediet: eNCA
Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind
Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

Luister nou