Die Dennedorp rugby-koshuis op die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus gaan binnekort die Siya Kolisi koshuis heet.
Die koshuis bied hoofsaaklik verblyf aan studente wat aan die NWU se rugbyinstituut verbonde is.
Die naamsverandering sal volgende week plaasvind, en daar word verwag dat die Springbok-kaptein, Kolisi ook die geleentheid gaan bywoon.
Volgens die visekanselier van die NWU, professor Bismark Tyobeka,het die nasionale rugbykaptein ‘n nalatenskap wat vir ander waardig is om na te streef.
Hy meen Kolisi se prestasie om as Springbok-kaptein gekies te word, ondanks sy grootword jare in ‘n township dien as voorbeeld vir baie studente wat deur uitdagings in die gesig gestaar word, maar self na uitnemendheid streef.
Daar gaan ook binnekort ‘n nuwe multisportkoshuis, die Invictus-koshuis, ingehuldig word.