21 November 2024
Die farmaseutiese maatskappy, Bayer het begin met ‘n herroeping van ‘n bondel Yaz Plus-voorbehoedpille weens ‘n gemengde-verpakking wat die doeltreffendheid daarvan kan benadeel.
Die mediese direkteur van Bayer se farmaseutiese afdeling, dr. Naren Jairam sê dit vind in oorleg met die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-owerheid, Sahpra plaas.
Dit is van toepassing op die Yaz Plus-tablette-groep met die reeksnommer WEW96J, met Maart 2026 as vervaldatum.
Hoewel Sahpra die herroeping bevestig het, sal hy later eers ‘n verklaring daaroor uitreik wat die volledige proses sal omskryf.