Luister nou

Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die voormalige burgemeester van die Tshwane-metro en die DA se koukusleier in dié metro Cilliers Brink, het in ‘n skrywe op sosiale media geskryf dat dit onaanvaarbaar is dat substasies aanhoudend in die stad opblaas.

Dit kom nadat ‘n brand vanoggend by die Swartkop-substasie in Centurion uitgebreek het, en dele van die stad sonder krag gelaat het.

Brink sê die vraag moet gevra word oor hoeveel van die substasies in Pretoria die nodige beskerming teen brande het. Hy meen substasies is nie veronderstel om so maklik te ontplof nie.

Volgens hom moet die infrastruktuur beskerm word omdat dit ook tot beserings of mense se dood kan lei.

Brink sê die hoeveelheid brande by substasies, die afgelope paar dae is verdag. Hy sê na ‘n brand by die Mooikloof-substasie verlede jaar, het hy ‘n ondersoek aangevra, maar dié ondersoek was nog nie afgehandel teen die tyd wat Brink uit sy pos verwyder is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging

Luister nou