Luister nou

Voorgestelde kurrikulum bekommer

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die burgerregteorgansiasie, AfriForum, moedig ouers, onderwysers en ander rolspelers aan om te reageer op die Departement van Basiese Onderwys se versoek vir kommentaar oor die voorgestelde nuwe geskiedeniskurrikulum vir Grade 1 tot 12, gepubliseer in die Staatskoerant van 20 Maart 2026.

Volgens AfriForum se hoof van Kultuursake, Alana Bailey, is dit belangrik dat geskiedenis objektief en gebalanseerd aangebied word.

Bailey waarsku dat ’n eensydige of subjektiewe benadering gevaarlik kan wees en tot vervreemding, polarisasie en selfs geweld kan lei.

Die nuwe kurrikulum fokus baie op Afrika, maar AfriForum voer aan dat kinders ook die geskiedenis van hulle eie gemeenskappe en die land as geheel moet leer.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings, FAK, waarsku intussen dat die voorgestelde wysigings aan die Geskiedeniskurrikulum ’n aanval op historiese waarheid is.

Volgens die besturende direkteur van die FAK, dr. Danie Langner en die organisasie se hoof van gemeenskap, geskiedenis en ad hoc-projekte, Barry Müller, sal die veranderinge die land se ryk geskiedenis verarm en ’n nuwe geslag verhinder om groot gebeure soos die Groot Trek en die Anglo-Boereoorlog volledig te verstaan.

Die publiek het 30 dae om kommentaar in te dien, en meer inligting is beskikbaar op die departement se webwerf by www.education.gov.za

Gewilde Nuus

Mteto Nyati - TechCentral

Eskom het ’n oorskot elektrisiteit

Fotokrediet: Netwerk24

Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Brandstof 1

Brandstofpryse styg hoër vanaf middernag

Stefan2

Tembisa-tenderskandaal: Beweerde meesterbrein kry borgtog

Sisi Khampepe chairperson  of the TRC commission of inquiry in Johannesburg. Photo Veli Nhlapo

Konstitusionele hof wys aansoek van die hand

Ander Nuus Artikels

Amazon-logo
Solidariteit ondersoek Amazon se beweerde rasse-uitsluiting
Anil-Sooklal
SA hoë kommissaris in Indië vrygespreek ná Zuma-Gupta-besoek
Charlie Kirk 1
Tyler Robinson moet tereg staan vir die moord op Charlie Kirk
Mteto Nyati - TechCentral
Eskom het ’n oorskot elektrisiteit
Fotokrediet: Netwerk24
Ontdekking in Pafuri-gebied dui op pre-koloniale handel

Luister nou