Luister nou

Uitvoerende hoof van Padongelukkefonds op spesiale verlof geplaas

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, is met onmiddellike ingang op spesiale verlof geplaas.

Die besluit is geneem deur die POF-raad wat gister ‘n spesiale vergadering gehou het. Letsoalo sal op spesiale verlof wees totdat ‘n ondersoek deur die Spesiale Ondersoek-eenheid (SOE) afgehandel is.

Daar is na bewering onder Letsoalo se leierskap, verdagte betalings aan verskeie regsfirmas gemaak, en ondersoek die SOE ‘n klag van korrupsie.

Volgens die raad het hulle die besluit geneem as ‘n voorsorgmaatreël, en beteken nie noodwendig dat Letsoala skuldig is of dissiplinêre stappe in die gesig staar nie. Sy termyn kom in Augustus vanjaar tot ‘n einde en hy sal sy volle salaris in hierdie tyd ontvang.

Die adjunk-minister van vervoer, Mkhuleko Hlengwa, sê die besluit is geneem om genoeg kans te gun vir ‘n deeglike, onafhanklike ondersoek om plaas te vind.

Phathutshedzo Lukhwareni sal gedurende hierdie tyd as die waarnemende uitvoerende hoof van die POF dien.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Fotokrediet: Facebook

Iran is versigtig vir die VSA se aanval

Ander Nuus Artikels

Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem
Fotokrediet: Freedom Front Plus
Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Luister nou