Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Tronke in SA 139% oorvol – ‘n kykie na die wêreld se beste én swakste gevangenisse

9 Januarie 2024

Die minister van justisie Ronald Lamola het verlede week bekend gemaak dat ‘n 101 van gevangenes wat onlangs uit tronke vrygelaat is, weer misdaad gepleeg het.

Die Bastoy tronk in Noorweë

Hulle is deel van ‘n groep van 16 000 gevangenes wat verlede jaar presidensiële kwytskelding gekry het, en vrygelaat is. Daar is ongeveer 150 000 gevangenes in Suid-Afrikaanse tronke, met slegs 107 582 beddens beskikbaar. Tronke is dus 139% oorbevolk.

Die 101 gevangenes wat weer vasgetrek is, laat ook baie vrae ontstaan oor die sukses van die rehabilitasie programme wat in Suid-Afrikaanse tronke aangebied word.

Daar is egter talle tronke wêreldwyd wat feitelik leeg is, met min gevangenes wat weer heroortree. Hier is vyf van die wêreld se beste tronke:

  1. Die Bastoy Gevangenis in Noorweë met 100 gevangenes is in talle studies aangewys as een van die beste tronke. Noorweë meen hulle fokus op die rehabilitasie van gevangenes eerder as om hulle te straf. Die tronk bestaan uit 80 geboue, strande en plase. Daar is ook byna geen omheinings nie. Gevangenes kan tennisspeel, perdry, ski en visvang.
  2. HMP Addiewell Gevangenis in Skotland. Die gevangenes kry elkeen 40 ure ‘n week om te werk aan belangrike vaardighede.
  3. Kamers in die Otago Korrektiewe Sentrum in Nieu-Seeland lyk eerder soos ‘n kamer vir studente, eerder as ‘n tronksel.
  4. Die Aranjuez tronk in Spanje hou families bymekaar, en laat jong kinders toe om by hulle ouers te bly totdat hulle ouer is. Daar is ondermeer speelareas en prente van kinderprentkarakters.
  5. Gevangenes in die Sollentuna Gevangenis in Swede bied gemaklike beddens vir gevangenes, en elkeen het ook sy eie badkamer. Daar is ook ‘n gimnasium, ‘n luukse kombuis en sitkamer met televisies en rusbanke.
Die Sollentuna tronk in Swede

Terwyl daar talle luukse tronke is, is daar ook tronke waar die omstandighede ongewens is.

  1. Een van die oorbevolkste tronke ter wêreld is die Gitarama tronk in Rwanda. Die gevangenis is gebou om 400 gevangenes te huisves, maar daar woon tans 7 000 mense. Daar gaan glo daagliks ses mense in dié tronk dood.
  2. Die Mendoza Gevangenis in Argentinië het drie keer meer gevangenes as waarvoor die tronk gebou is. In 2005 het van die gevangenes hulle monde toe gestik om aandag te plaas op die swak omstandighede.
Gitarama in Rwanda.

3. Die Diyarbakir Tronk in Turkye het in ‘n stadium sowat 650 000 gevangenes gehuisves. Van die gevangenes het aangevoer dat kos en water van hulle weerhou en dat hulle ook fisies en emosioneel aangerand word.

4. Kamiti Tronk in Kenia. Die tronk het plek vir 1 200 mense, maar daar is glo 2 500 gevangenes wat hier aangehou word. Siektes soos HIV, Vigs tuberkulose en sifilis breek gereeld hier uit.

5. In die Black Dolphin tronk in Rusland word van die land se geweldadigste misdadigers aangehou, van reeksmoordenaars tot kanibale. Daar is twee gevangenes in elke sel met drie stelle staal hekke om hulle binne te hou. Gevangenes mag elke dag slegs 90 minute buite spandeer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

WhatsApp Image 2025-05-15 at 10.12.02_917487ab

Ramaphosa sal volgende week die VSA besoek

unie

Nuuskommentaar: Toenemende ekonomiese kommer en onmin in RNE – ’n gevaarlike kombinasie

Ander Nuus Artikels

Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”
FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)
Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water
Untitled design (5)
Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende