12 Februarie 2025
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, SANRAL, het sy jaarlikse prysverhoging van toltariewe aangekondig.
Tolgeld word vanaf 1 Maart met 4,84% verhoog wat goed met die Verbruikersprysindeks vergelyk.
SANRAL het in reaksie op kommentaar hierop gesê dat vanjaar se prysverhoging heelwat minder is as verlede jaar se 6,25%.
Die agentskap se algemene bestuurder vir kommunikasie, Vusi Mona sê dit is nodig om die tolgeld te verhoog sodat tolpaaie instand gehou kan word.
“Die fondse is nodig sodat SANRAL kan voldoen in sy mandaat om seker te maak dat die land se paaie waarde toevoeg tot die lewens van Suid-Afrikaners.