Luister nou

Studie: Al hoe meer onderwysers tree vroegtydig af

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n Studie deur die Universiteit Stellenbosch het bevind dat al hoe meer onderwysers vroeg aftree.

‘n Senior navorser by die US, Heleen Hofmeyr sê werkslading en ‘n oormatige hoeveelheid administrasie wat gedoen moet word, is van die hoofredes waarom onderwysers kies om vroeg af te tree.

Volgens Hofmeyr het die onderwysers aangedui dat hulle al hoe meer werk buite die klaskamer gehad het, wat hulle dus weggeneem het van onderrigtyd.

Sy meen dit is kommerwekkend omdat onderwysers se belangrikste taak tog die opvoeding van kinders is, en om deur die kurrikulum te werk. Volgens Hofmeyr het onderwysers ook aangedui dat hulle dikwels die enigste stabiele, volwassene in die kind se lewe is, en dus moet hulle ook ‘n sielkundige rol inneem.

Verder het die studie getoon dat onderwysers oorweldig is deur die lae vlakke van kennis wat die leerlinge het. “Byvoorbeeld 80% van leerlinge in graad 4 kan nié met begrip lees nie.” Sy sê van die onderwysers het aangedui dat hulle vir hoërskool-leerlinge biologie, wiskunde of geskiedenis moet leer, maar sit dan dikwels met kinders in graad 10, 11 of selfs matriek wat nie kan lees nie.

Hofmeyr sê daar is ‘n groot behoefte by onderwysers om hulle werkslading te verlig, en om ondersteuning vir hulle geestesgesondheid te kry.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Sakekamer

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

AfriForum

Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Internasionale Perspektief nuut

Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Rooikruis

Kritiek pla Roets nie

Ander Nuus Artikels

Tempo
Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?
Dr.-Theo-de-Jager-2
Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte
Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self
AfriForum
Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Luister nou