‘n Studie deur die Universiteit Stellenbosch het bevind dat al hoe meer onderwysers vroeg aftree.
‘n Senior navorser by die US, Heleen Hofmeyr sê werkslading en ‘n oormatige hoeveelheid administrasie wat gedoen moet word, is van die hoofredes waarom onderwysers kies om vroeg af te tree.
Volgens Hofmeyr het die onderwysers aangedui dat hulle al hoe meer werk buite die klaskamer gehad het, wat hulle dus weggeneem het van onderrigtyd.
Sy meen dit is kommerwekkend omdat onderwysers se belangrikste taak tog die opvoeding van kinders is, en om deur die kurrikulum te werk. Volgens Hofmeyr het onderwysers ook aangedui dat hulle dikwels die enigste stabiele, volwassene in die kind se lewe is, en dus moet hulle ook ‘n sielkundige rol inneem.
Verder het die studie getoon dat onderwysers oorweldig is deur die lae vlakke van kennis wat die leerlinge het. “Byvoorbeeld 80% van leerlinge in graad 4 kan nié met begrip lees nie.” Sy sê van die onderwysers het aangedui dat hulle vir hoërskool-leerlinge biologie, wiskunde of geskiedenis moet leer, maar sit dan dikwels met kinders in graad 10, 11 of selfs matriek wat nie kan lees nie.
Hofmeyr sê daar is ‘n groot behoefte by onderwysers om hulle werkslading te verlig, en om ondersteuning vir hulle geestesgesondheid te kry.
One Response
Wat doen die onderwys minister/ departement daaraan???