Luister nou

Stilfontein: Nog ses onwettige mynwerkers na oppervlak gebring

Deur Pretoria FM Nuusspan

19 Desember 2024

Die polisie het bevestig dat nóg ses onwettige mynwerkers by twee skagte in Stilfontein in Noordwes na die oppervlak gekom en in hegtenis geneem is.

‘n Woordvoerder, brigadier Sabata Mokgwabone, sê dié ses word onder andere aangekla van onwettige mynbou, betreding en oortredings van die immigrasiewet.

Mokgwabone sê die verdagtes bestaan uit drie Lesotho-, twee Zimbabwe- en een Mosambiekse ongedokumenteerde buitelandse burgers.

Sedert November het meer as 1 500 onwettige mynwerkers deur verskillende skagte in Stilfontein na die oppervlak terug gekeer, terwyl die polisie voortgaan met Operasie Vala Umgodi – waartydens toevoerlyne ontwrig word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

Kiesers orals is kwaad

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 30 Oktober 2026

Fotokrediet: Rolling Stone

Sir Patrick Stewart, Star Trek- en X-Men-ster, op 86 oorlede

Nhlanhla Mkhwanazi

Mkhwanazi binnekort nuwe hoof van die Valke

Fotokrediet: The North Africa Post

Solidariteit voer samesprekings met die Withuis oor Agoa

Ander Nuus Artikels

Skool
Ouers smeek vir ’n veilige skool
V (4)
Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe
IEC
Koalisies is ons voorland
Internasionale Perspektief nuut
Kiesers orals is kwaad
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 30 Oktober 2026

Luister nou