Graffiti se Topverkopers.
10 Beneweling van bloed – Pieter Stoffberg
9 Ingekluis – Tertius Janse van Rensburg
8 Vlam van die sprokkelhout – SD Fourie
7 Twee halwes maak ’n hele – Marita van der Vyver
6 Diereriem – Etienne van Heerden
5 Anderkant die water – Ronel du Plessis
4 Sterre is vir altyd – Sophia Kapp
3 Swerwerskraal – Keina Swart
2 Op Lig – Thilde Nel
1 Goedheid en guns – Sophia Kapp
My eerste klanke: Die see – North Parade Publishing. R285, Human & Rousseau

https://graffitibooks.co.za/products/9780798186155
Ontdek die see met regte dieregeluide!
Bring die see huis toe met vyf pragtige geluide wat die klanke van die see vasvang. Van walvisse wat sing en pikkewyne wat plons, tot seemeeue wat raas – jong verkenners sal keer op keer na hierdie boek terugkeer.
Met foto’s en fassinerende feite oor seeskilpaaie, jellievisse, seekatte en meer, moedig hierdie boek beide visuele en ouditiewe leer aan. Dis perfek om kinders se woordeskat uit te brei en ’n egte liefde vir die see te bevorder.
My eerste klanke: Diere – North Parade Publishing. R265, Human & Rousseau

https://graffitibooks.co.za/products/9780798186131
Ontdek die diereryk met regte dieregeluide!
Vyf pragtige geluide vang die diversiteit van die wêreld se diere vas. Van olifante wat trompetter en leeus wat brul tot papegaaie wat raas – jong verkenners sal keer op keer na hierdie boek terugkeer.
Met foto’s en eenvoudige feite oor apies, verkleurmannetjies, luidiere en meer, moedig hierdie boek visuele en ouditiewe leer aan. Dis perfek om kinders se woordeskat uit te brei en ’n egte liefde vir die natuur te bevorder.
Ék is sý – Natalie Hayes. R260, Naledi

https://graffitibooks.co.za/products/9781997476603
Ék is sý is meer as net ’n memoir. Dit is ’n verhaal wat vir mense wys hoe genade lyk.
Op 17-jarige ouderdom het plasings, wat Natalie as vermis aangekondig het, op sosiale media mense se harte aangeraak – vandag is haar verhaal van verkragting, trauma, verwerping, verlies en moeilike lewensomstandighede ’n beeld van genade.
Dit is nie net ’n verhaal van iemand wat God ontdek nie, maar ’n verhaal wat erken dat daar selfs in oorwinning steeds moeilike oomblikke is, want die liggaam onthou trauma. Met eerlikheid, emosie en hoop neem Natalie die leser op ’n reis deur die donkerste seisoene van haar lewe, van die trauma rondom haar oupa, tot die skoolmeisie wat vermis was en die mans wat later haar soeke na aanvaarding misbruik het.
Sy praat nie net oor haar aborsies, los verhoudings en siekte nie, maar ook van genade, herstel en hoop. Veral hoop in die storms van haar lewe. Dit skree nie uit: “Ek het oorwin en nou is alles oukei nie.” Dit sê: “Ek het oorwin, al is alles nie altyd oukei nie.” Die boodskap is: Dit is aanvaarbaar om vandag gebroke voor God en mense te staan.
Swerwerskraal – Keina Swart. R340, Tafelberg

https://graffitibooks.co.za/products/9780624097266
Alida Mees is die jongste dogter uit ’n welvarende skeepsboufamilie in die Nederlandse hawestad Rotterdam. “Alida is ’n voorbeeldige, soet kindjie,” spog haar ma gereeld. “Hoe ironies, hoe hartverskeurend ironies dat Moeder só oor my gedink het,” sou sy jare later besef.
Wanneer ’n tragedie die oudste sussie, Ita, tref, verruil sy haar lewe as teaterkunstenaar in Haarlem vir dié van boervrou in Suid-Afrika. Die plaas Swerwerskraal in die Potgietersrust-distrik is skaapwêreld. Beeswêreld. Tabakwêreld. Harde wêreld. Alida, ook bekend as Kein, bekwaam haar as botanis en rits die wêreld vol op haar pa se bote. En ook na Afrika. Na Swerwerskraal.
Dit is die verhaal van Ita en Kein – die oudste en die jongste van die vyf Mees-dogters – en hul liefdesverhouding met Afrika. Maar liefde het soms ook ’n keersy, een wat groot hartseer en verwydering kan bring … Swerwerskraal is ’n ware verhaal. Een wat ’n mens soms aan die keel beetkry en jou hart wil uitruk.
Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 10% afslag. Om te kwalifiseer vir ekstra 10% afslag, tik die kodewoord PTAFM in wanneer jy jou bestelling plaas.
KOMPETISIE – Drie gelukkige lesers kan elkeen ’n R300-Graffiti-geskenkbewys wen.
KOMPETISIE
Beantwoord die volgende vraag:
Wie het Swerwerskraal geskryf?
Whatsapp jou ANTWOORD saam met jou E-POSADRES na 072 386 5997.
Inskrywings sluit Maandag 02/11/2026
Die wenners sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.
Alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]
Wenners 23-10-2026
Jenny Cawood – Boksburg
Karin Swanepoel – Randburg
Fiena Lieuwes – Brakpan
Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/10/NUUSWEEK-Uitgawe-90-30-Okt-2026.pdf