Luister nou

Solidariteit: NGV-kompromie is beter maar nie goed genoeg nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

5 Februarie 2025

“Die ANC se bereidwilligheid om met die DA in gesprek te tree oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is ‘n stap in die regte rigting, maar dit is steeds nie goed genoeg nie.”

Dít volgens Solidariteit wat verder aanvoer dat die “kwansuise” toegewing steeds nie die onderliggende kernprobleme van die NGV aanraak nie.

Solidariteit sê die onlangse kompromie tussen die ANC en die DA oor ‘n voorstel om mediese fondse te behou dui op ‘n mate van vordering.

‘n Ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, Theuns du Buisson, sê alhoewel hierdie voorstel voorsiening maak vir die voortbestaan van private mediese fondse, beteken dit steeds nie dat lede van mediese fondse van die verpligte finansiële bydrae tot die NGV kan ontsnap nie.

Hy sê die gesprek tussen die ANC en die DA  kan as ‘n positiewe teken beskou word. Tog is dit duidelik dat die voorgestelde veranderinge en die kompromie waartoe die twee partye wil kom, nie die kernprobleme van die NGV oplos nie.

Du Buisson sê lede van mediese fondse sal steeds ‘n verpligte bydrae tot die NGV moet maak, ongeag of hulle reeds vir ʼn private mediese fonds betaal.

Hy sê die ANC/DA-kompromie bied geen verligting vir die dubbele finansiële las wat op lede van mediese fondse geplaas sal word nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Ander Nuus Artikels

Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem

Luister nou