Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Solidariteit: NGV-kompromie is beter maar nie goed genoeg nie

5 Februarie 2025

“Die ANC se bereidwilligheid om met die DA in gesprek te tree oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is ‘n stap in die regte rigting, maar dit is steeds nie goed genoeg nie.”

Dít volgens Solidariteit wat verder aanvoer dat die “kwansuise” toegewing steeds nie die onderliggende kernprobleme van die NGV aanraak nie.

Solidariteit sê die onlangse kompromie tussen die ANC en die DA oor ‘n voorstel om mediese fondse te behou dui op ‘n mate van vordering.

‘n Ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, Theuns du Buisson, sê alhoewel hierdie voorstel voorsiening maak vir die voortbestaan van private mediese fondse, beteken dit steeds nie dat lede van mediese fondse van die verpligte finansiële bydrae tot die NGV kan ontsnap nie.

Hy sê die gesprek tussen die ANC en die DA  kan as ‘n positiewe teken beskou word. Tog is dit duidelik dat die voorgestelde veranderinge en die kompromie waartoe die twee partye wil kom, nie die kernprobleme van die NGV oplos nie.

Du Buisson sê lede van mediese fondse sal steeds ‘n verpligte bydrae tot die NGV moet maak, ongeag of hulle reeds vir ʼn private mediese fonds betaal.

Hy sê die ANC/DA-kompromie bied geen verligting vir die dubbele finansiële las wat op lede van mediese fondse geplaas sal word nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

School,Classroom,With,Blackboard

Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling

Gwede2-1

Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik

ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM

Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”

494176549_678769244799837_2127636851668020320_n

Twee verdagtes vasgetrek na moord op bejaarde Limpopo-boer

South Africa Scandal Explainer

Phala Phala: Saak tot September uitgestel

Ander Nuus Artikels

GrWax5CXIAAmt93
Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken
GrYgh3mW8AA78LQ
Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie
0000800397_resized_oscarmabuyane1022
Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking
School,Classroom,With,Blackboard
Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling
Gwede2-1
Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende