Luister nou

Solidariteit eis rasvryheid teen 2030

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die vakbond, Solidariteit sê Suid-Afrika kan en moet teen 2030 ’n rasvrye bedeling bereik, en het vandag ’n omvattende padkaart hiervoor deur sy Navorsingsinstituut bekendgestel.

Die verslag, getiteld “Rasvry teen 2030”, stel voor dat die land geleidelik wegbeweeg van rasgebaseerde wetgewing na beleid wat eerder fokus op ekonomiese groei, werkskepping en behoefte-gebaseerde bemagtiging.

Volgens Solidariteit se hoofnavorser Connie Mulder het huidige rassebeleide nie daarin geslaag om armoede en werkloosheid betekenisvol te verlig nie, en word Suid-Afrika steeds gekenmerk deur hoë werkloosheid en swak ekonomiese groei.

Die voorstel bepleit ’n gefaseerde uitfasering van maatreëls soos swart ekonomiese bemagtiging, en stel eerder ’n fokus op sosio-ekonomiese nood, opleiding en investering voor.

Solidariteit sê die doel is om beleid te verskuif van rasgebaseerde klassifikasie na praktiese ekonomiese bemagtiging, en beplan om die padkaart plaaslik en internasionaal aan sakelui en belanghebbendes voor te lê.

Gewilde Nuus

Sakekamer

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

AfriForum

Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Internasionale Perspektief nuut

Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Rooikruis

Kritiek pla Roets nie

Ander Nuus Artikels

Tempo
Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?
Dr.-Theo-de-Jager-2
Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte
Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self
AfriForum
Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Luister nou