Luister nou

Solidariteit daag Wes-Kaapse onderwysdepartement voor hof om poste te red

Deur Pretoria FM Nuusspan

25 November 2024

Solidariteit het ‘n hofaansoek teen die Wes-Kaapse Onderwysdepartement ingedien oor die proses wat die departement volg om sogenaamde oortollige onrderwysposte te besnoei.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het in Oktober gesê hy het geen ander keuse as om 2 407 onderwysposte in die Wes-Kaap te sny nie. Die besluit is gemaak ná die tesourie ʼn begrotingstekort aangekondig het.

Solidariteit meen die vraag moet gevra word of dié besluite strook met die Wet op Arbeidsverhoudinge.

Die vakbond sê sy argument in hierdie saak fokus spesifiek op ʼn besluit van Hoërskool Bellville om drie van sy onderwysers, Werner  Burger, Jeanne Biesenbach en Sophie Botha, se poste as oortollig te verklaar.

Volgens ‘n netwerkorganiseerder van Solidariteit se onderwysernetwerk, Anlia Archer, het die drie onderwysers kernvakke soos Afrikaans en Wiskunde aangebied. Ná hulle afdanking is hul poste nietemin deur die skool se beheerliggaam met ander kandidate gevul.

“Dit blyk ons lede is spesifiek geteiken, want die kwansuise oortollige poste is kort ná die besnoeiings wél deur die beheerliggaam van Hoërskool Bellville gevul.

Solidariteit voer aan dat hierdie optrede die onderwysers se regte skend en beskou dit as ʼn voorbeeld van swak besluitneming deur die departement.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de
Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Luister nou