Luister nou

Slegs 19% van skoolpersoneel se misdaadrekords met seksregister vergelyk

Deur Pretoria FM Nuusspan

Slegs 19% van alle skoolpersoneel en opvoeders se misdaadrekords is vergelyk met dié van die registers van seksoortreders.

Dit ten spyte van ‘n opdrag van die departement van basiese onderwys dat alle amptenare – insluitend dié in kantoor- en skoolgebaseerde poste – gekeur moet word.

Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die IVP se Liezl van der Merwe, gesê dat daar twee registers is wat nagegaan moet word.

Die een word deur die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling geadministreer en die ander deur die departement van maatskaplike ontwikkeling.

Van der Merwe het na aanleiding van die verkragting van ‘n 7-jarige van die Oos-Kaap gesê dat sy graag sal wil sien dat alle personeel gekeur moet word ingevolge dié riglyne.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Internasionale Perspektief nuut

ANC se linkse vriende val een ná die ander

Grasland Nasionale Park 1

Nuwe Grasveld Nasionale Park in Oos-Kaap afgekondig

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self
V (3)
Minder reise gaan lei tot minder vulstasies
V (2)
Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Luister nou