17 Januarie 2025
Die Gautengse Onderwysdepartement het ouers gevra om geduldig te wees in gevalle waar kinders nog nie in ‘n skool geplaas is nie.
Volgens die departement doen hy alles in sy vermoë om seker te maak dat alle skoliere voor die einde van die maand sitplek in ‘n klas het.
‘n Inhaler-program word in die vooruitsig gestel om kinders – wat agter geraak het weens dié vertraging – te help om werk op te vang.
Terselfdertyd het die departement weer sy teleurstelling uitgespreek omdat ouers nie betyds aansoek doen wanneer die vensterperiode vir plasings oopmaak nie.
Vanoggend het talle ouers weer op distrikskantore toegesak om plek in skole vir hulle kinders te soek.