Die Suid-Afrikaanse Polisiëringsunie (SAPU) het uitgevaar teen die opmerkings van die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee, Ian Cameron, oor ‘n interne tugproses. Cameron het sy misnoë uitgespreek oor die onskuldigbevinding van lede van die polisie se BBP-eenheid, nadat hulle op video vasgelê is waar hulle ‘n motoris aanrand. Hy het onder andere gesê dat interne aanspreeklikheid binne die SAPD kosmeties is en dat beamptes – wat polities verbind is – ‘n onaantasbare veroordeel geniet. SAPU se woordvoerder, Lesiba Thobakgale sê die beamptes het dissiplinêre prosedures gevolg wat op alle SAPD-lede van toepassing is. |
2 Responses
Tikfout: onaantasbare veroordeel moet seker wees voordeel.
Laat geagte woordvoerder asb vir ons verduidelik wat behels die dissipinêre prosedures!! Ian moenie sulke hoë woorde gebruik soos kosmeties nie…hulle dink dit het iets met kos te doen!!