Die department van internasionale betrekkinge en samewerking sê hy is in kontak met Suid-Afrikaners wat in konflik in die midde-ooste vasgekeer is ná die jongste aanvalle deur die VSA en Israel op Iran en die land se vergeldingsaanvalle.
Internasionale vlugte na en deur die midde-ooste is gekanselleer weens grootskaalse sluitings van lugruim, met lande wat veiligheid voorop stel en konflikgebiede probeer vermy.
Volgens die departement se woordvoerder Chrispin Phiri is daar tot dusver geen Suid-Afrikaners in nood aangemeld nie.
Internasionale organisasies soos die Verenigde Nasies en die Afrika Unie het intussen gevra dat die gevegte bedaar.
Die leier van Iran, Ali Khamenei, is die naweek tydens ’n aanval op sy kompleks in Teheran dood.
Die Iraanse regbank het intussen bevestig dat die hoof van die Revolusionêre Wag, Mohammad Pakpour, en die veiligheidsadviseur Ali Shamkhani ook in die aanvalle dood is.
Iran se leiers het intussen belowe om sy dood te wreek en ’n nuwe golf aanvalle teen Amerikaanse basisse in die Midde-Ooste aangekondig.
Iran se president, Masoud Pezeshkian, het die aanval as ’n oorlogsverklaring teen Moslems bestempel en sê Iran beskou dit as sy reg en plig om die verantwoordelikes te straf.
Die hoof van Iran se Nasionale Veiligheidsraad, Ali Larijani, het ook gewaarsku dat Iran ’n onvergeetlike les aan sy vyande sal leer.
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het gedreig met ongekende militêre optrede en die Iraanse bevolking aangemoedig om teen die VSA in opstand te kom.
Die media berig dat Iran se president, Masoud Pezeshkian, saam met ander senior amptenare die land tydelik sal lei.
Die Amerikaanse president Donald Trump en die Israeliese premier Benjamin Netanyahu het gesê die aanvalle was daarop gemik om onmiddellike dreigemente uit te skakel.
Die Revolusionêre Wag sê nog groter aanvalle word beplan.