Luister nou

Regering se nuutste vlaag radikale rasregulasies dek die tafel vir weerstand

Deur Pretoria FM Nuusspan

Nuuskommentaar: 22 Januarie 2025

Deur: Ernst van Zyl

Tydens sy departement se onlangse jaarlikse prestasieplan-aanbieding aan die Portefeuljekomitee, het die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, ’n plan voorgestel om 3% van ondernemings se jaarlikse netto wins ná belasting te onteien vir ’n nuwe R100 miljard-rasdiskriminerende “transformasiefonds”. Hierdie fonds, wat deur die Nasionale Bemagtigingsfonds geadministreer word, sal befondsing uitreik in ooreenstemming met BBBEE-rassekriteria.

Benewens die morele besware teen enige fonds wat finansies op grond van ras uitdeel, is dié fonds vrugbare teelaarde vir korrupsie. Die aansienlike vlakke van korrupsie en plundering wat die regering se R500 miljard-Covid-19-ondersteuningsfondse geteister het, dien as die perfekte voorbeeld van hierdie risiko. Daarby het dekades van rasdiskriminerende beleid onder die ANC-regering erg misluk om sy gestelde doelwitte te bereik om die armes op te hef en die werkloosheidskrisis te beveg. Die werkloosheidskoers het in werklikheid drasties gestyg sedert die instelling van hierdie nuwe raswette.

Die laaste ding wat die sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie nodig het is ’n verdere belasting en meer rassediskriminasie om ’n reeds vyandige besigheidsomgewing, wat deur belasting versmoor word, te vererger. Suid-Afrika se regering het reeds meer as 141 raswette in werking, wat dit die land maak wat die hoogste vlakke van ras-beheptheid ter wêreld toon. Hierdie skokkende statistiek is iets om oor skaam te wees, nie iets om te vier of selfs op uit te brei nie. Uit hierdie 141 raswette, was 116+ ingestel sedert 1994.

Daar is egter tekens dat die wind besig is om te draai teen raswette in Suid-Afrika. Onlangs het die Suid-Afrikaanse eenheid van Norton Rose Fulbright, ’n swaargewig in die internasionale regswêreld, aangekondig dat die firma die Suid-Afrikaanse regering hof toe neem oor die nuwe radikale ras-regulasies wat dit wil afdwing op die regsektor. Dit is verfrissend om te sien hoe korporatiewe uiteindelik begin rug styf maak teen wette was diskriminasie op gronde van ras afdwing.

Die tyd is duidelik ryp om die regering se lys raswette aan te vat. AfriForum het ’n petisie van stapel gestuur waar die publiek ’n einde aan die regering se rasdiskriminerende wette kan eis – www.StopRaswette.co.za. Hierdie tipe druk-aksies dra by tot die tydsgees wat besig is om te draai teen raswette.

Die ANC se mislukte rasbehepte eksperiment het lank genoeg aangehou. Dit is tyd om meritokrasie en ’n besigheidsvriendelike benadering ’n kans te gee.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Ander Nuus Artikels

Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026
Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Luister nou