Luister nou

Regering se nuutste vlaag radikale rasregulasies dek die tafel vir weerstand

Nuuskommentaar: 22 Januarie 2025

Deur: Ernst van Zyl

Tydens sy departement se onlangse jaarlikse prestasieplan-aanbieding aan die Portefeuljekomitee, het die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, ’n plan voorgestel om 3% van ondernemings se jaarlikse netto wins ná belasting te onteien vir ’n nuwe R100 miljard-rasdiskriminerende “transformasiefonds”. Hierdie fonds, wat deur die Nasionale Bemagtigingsfonds geadministreer word, sal befondsing uitreik in ooreenstemming met BBBEE-rassekriteria.

Benewens die morele besware teen enige fonds wat finansies op grond van ras uitdeel, is dié fonds vrugbare teelaarde vir korrupsie. Die aansienlike vlakke van korrupsie en plundering wat die regering se R500 miljard-Covid-19-ondersteuningsfondse geteister het, dien as die perfekte voorbeeld van hierdie risiko. Daarby het dekades van rasdiskriminerende beleid onder die ANC-regering erg misluk om sy gestelde doelwitte te bereik om die armes op te hef en die werkloosheidskrisis te beveg. Die werkloosheidskoers het in werklikheid drasties gestyg sedert die instelling van hierdie nuwe raswette.

Die laaste ding wat die sukkelende Suid-Afrikaanse ekonomie nodig het is ’n verdere belasting en meer rassediskriminasie om ’n reeds vyandige besigheidsomgewing, wat deur belasting versmoor word, te vererger. Suid-Afrika se regering het reeds meer as 141 raswette in werking, wat dit die land maak wat die hoogste vlakke van ras-beheptheid ter wêreld toon. Hierdie skokkende statistiek is iets om oor skaam te wees, nie iets om te vier of selfs op uit te brei nie. Uit hierdie 141 raswette, was 116+ ingestel sedert 1994.

Daar is egter tekens dat die wind besig is om te draai teen raswette in Suid-Afrika. Onlangs het die Suid-Afrikaanse eenheid van Norton Rose Fulbright, ’n swaargewig in die internasionale regswêreld, aangekondig dat die firma die Suid-Afrikaanse regering hof toe neem oor die nuwe radikale ras-regulasies wat dit wil afdwing op die regsektor. Dit is verfrissend om te sien hoe korporatiewe uiteindelik begin rug styf maak teen wette was diskriminasie op gronde van ras afdwing.

Die tyd is duidelik ryp om die regering se lys raswette aan te vat. AfriForum het ’n petisie van stapel gestuur waar die publiek ’n einde aan die regering se rasdiskriminerende wette kan eis – www.StopRaswette.co.za. Hierdie tipe druk-aksies dra by tot die tydsgees wat besig is om te draai teen raswette.

Die ANC se mislukte rasbehepte eksperiment het lank genoeg aangehou. Dit is tyd om meritokrasie en ’n besigheidsvriendelike benadering ’n kans te gee.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Heinrich Marnitz

Heinrich Marnitz terug met Fluweel-klanke

Orgaan

Jong man (28) sterf skielik, red talle lewens as orgaanskenker: “Ons kind se dood was nie sinneloos nie”

Fotokrediet: The Mail & Guardian

Ramaphosa het ’n 50/50-kans

Gamtoos 4

As ons gaan lê is dit tot niet

Internasionale Perspektief nuut

Hoe ʼn slegte besluit of twee ʼn wenoorlog op sy kop gekeer het

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: My Broadband
Groen ID-boek gou iets van die verlede
Boer tot bord
Kos op die tafel begin lank voor die winkelrak
Leon Gropp
Leon Gropp gaan van Comrades tot komedie
Heinrich Marnitz
Heinrich Marnitz terug met Fluweel-klanke
Orgaan
Jong man (28) sterf skielik, red talle lewens as orgaanskenker: “Ons kind se dood was nie sinneloos nie”

Luister nou